Insekte speel ’n noodsaaklike rol in ons daaglikse lewe. Trouens,
ongeveer 30 persent van die voedselsoorte wat ons eet, is afhanklik van
bestuiwing deur bye, waarvan die meeste wilde bye is. Maar bestuiwing is
net een van die nuttige take wat insekte verrig. Insekte hou die aarde
skoon deur middel van ’n doeltreffende herwinningstelsel wanneer hulle
dooie plant- en dieremateriaal in bruikbare vorme omsit. Sodoende word
die grond vrugbaarder gemaak, en voedingstowwe wat vrygestel word, kan
dinge laat groei.
Wyfiepouoogmotte vind ’n maat deur
’n reuk af te skei wat so sterk is dat ’n mannetjie byna 11 kilometer
daarvandaan die wyfie kan vind. Sy sensitiewe voelers kan ’n enkele
molekule van die reuk waarneem.
Krieke, sprinkane en sonbesies
verkies om hulleself hoorbaar te maak. Selfs die mens kan die minnesang
van die sonbesie hoor wanneer hy sy hele liggaam in ’n klankbord
verander. ’n Groot groep sonbesies wat besig is met hofmakery, kan meer
geraas as ’n lugboor maak!
Drolpeer - Dombeya rotundifolia - foto vanaf Veldwagter
Halleria lucida langs 'n ou stomp en Vuurpyle
‘n Goeie keuse vir tussen klippe of op ‘n rotstuin is die Crassula perfoliata. Ander plante is die Sonbekkiebos (Metarungia longistrobus), Fynblaarrooihout (Ochna serrulata), en die Wilde-pynappel (Eucomis Comosa, Eucomis autumnalis en die Eucomis humilis).
Al die vuurpyle (Kniphofia) variëteite, Makhaya bella, Freylinia tropica, Juncus effesus en selfs die Varkoor hou van skaduwee en baie water.
En water in jou tuin is absoluut noodsaaklik vir die insekte en voëls om hulle daaglikse takies te doen, soos jou grond omskoffel, oorvloedige blaartjies op te vreet en sommer maar net baie lewe in jou tuin te skep!
Geniet die skoenlappers wat terugkom en onthou -- ‘n ruspe is net ‘n skoenlapper wat nog nie vlerke gekry het nie!
- Sommige van die inligting vanaf 'Kormorant'
.
Geniet die skoenlappers wat terugkom en onthou -- ‘n ruspe is net ‘n skoenlapper wat nog nie vlerke gekry het nie!
- Sommige van die inligting vanaf 'Kormorant'
.