Saterdag 30 Januarie 2016

My tuin - ’n dieretuin!


’n Tuin - 'n plek waar jy kan rus in vrede, ontkoppel van eksterne probleme en bekommernisse. 'n Tuin vol bome en baie voëltjies.  ’n Tuin vol skoenlappers, besies, bye en allerhande ander insekte!

Maak jou tuin ’n lushof vir al ons geveerde vriende, insekte en allerhande klein soogdiertjies. Plant inheems, voorsien kos, beskutting en water en beleef jou eie klein paradys! 

Resepte vir voëltjiepoeding - Voëls sal heerlik hieraan smul . . .

1. Maak sowat 450 g kookvet in ’n pan warm sodat dit sag kan word. Meng dit met 1 k warm water, 2 k hawermout, 1 k meel en 4 k voëlsaad en plaas in jou voëltjievoerder.

2. Plaas 1-2 k kookvet in ’n bakkie saam met heuning en uitgebraaide brokkies spekswoerd. Laat die bakkie in warm water staan. Voeg droë broodkrummels of voël­saad by wanneer die vet begin smelt. Roer die mengsel en vorm in ’n bol. Plaas in ’n houer en laat dit afkoel en styf word. Plaas dit in ’n stuk netmateriaal – die net waarin ’n mens uie of aartappels koop, werk goed – en hang dit in die tuin op.

Ek sien ‘n tuin so wonderskoon:
‘n Tuin waarin daar liefde woon,
Waarin die fraaiste blomme groei,
En waar die mooiste bloeisels bloei.

Uittreksel van Die Tuin van Geluk, geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 25 April 1942

Swartkop Wielewaal (Black-headed Oriole - Oriolus larvatus)

Janfrederik - Cape Robin-chat (Cossypha caffra)

'n Verkleurmannetjie - ek sien hulle nie meer gereeld genoeg nie!
Die Swartkeelgeelvinke besig met nesbou - Masked weaver (Ploceus velatus)
Nuwe lewe in die tuin
'n Jong Fiskaallaksman - die ouers het hierdie somer al twee broeisels gehad - Fiscal Shrike (Lanius collaris)
Ek is altyd bly wanneer die Grys Loeries kom kuier! Grey Lourie (Corythaixoides concolor)
Gevlekte lyster - Groundscraper thrush (Psophocichla litsitsirupa)
Harig of stekelrige larwes van 'n mot of skoenlapper aan die basis van my Soetdoringboom
Hottentosgotte is ALTYD welkom! (Praying mantis)
'n Ongewone besoeker aan my tuin - Ringnekparakiet (Indian ringneck parrot) - Hy het hom verlustig aan die sonneblomsade, brood en vrugte
Geelbeklyster (Karoo Thrush - Turdus smithi)
'n Baba Mynah. Die ouers is nie baie welkom in my tuin nie! (Acridotheres tristis)
'n Baba Wawielwebspinnekop (Orb-web spider), net so 3cm vanaf die tip van haar voorpote tot die tip van die agterpote
Rooivlerkspreeu - Redwinged Starling (Onychognathus morio)
Streepmuis - Striped Grass mouse (Rhabdomys pumilio) - welkom in my tuin maar NIE in die huis nie!
Vir die eerste maal in jare het die Tarentale weer my tuin besoek! Guinea fowl (Numida meleagris)
Koringvoël - White-browed Sparrow Weaver (Plocepasser mahali)

Hoop jy geniet hierdie somer jou eie klein paradys!

.
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...