Dinsdag 19 Januarie 2016

Maak 'n Reëntuin

Wat is 'n Reëntuin?

'n Reëntuin is 'n aantreklike landskap-ontwerp wat beplant is met meerjarige inheemse plante. Dit is 'n piering-vormige holte en ontwerp om afloop stormwater te absorbeer wat nie kan insink op harde oppervlaktes soos parkeerterreine of sement paadjies nie.

Reëntuine kan klein wees, of formeel, of groot, komplekse bio-retensie tuine of enige iets tussen in.

Voordat Jy Begin ......

Kies die Regte Plek vir Jou Reëntuin
'n Reëntuin is een voorbeeld van 'bio-retensie'—'n sisteem van 'n dammetjie area, grond, plante en grondbedekking wat water sal absorbeer in plaas daarvan dat dit van die eiendom afhardloop (al gaan jou dammetjie meeste van die tyd droog wees.)

So, die basiese dinge is die 'dammetjie' of pieringvormige depressie waarheen die water sal vloei en die tipe grond wat die water sal absorbeer.

Al kom jy dit nie agter nie, jou eiendom het 'n water-aflei patroon en dis gewoonlik die maklikste om daarvan gebruik te maak. Neem notisie van waarheen die water loop en waar dit dan opdam. Wag tot dit reën of gebruik 'n tuinslang om te sien waarheen die water loop. As dit afdraend en weg is van jou huis se fondasies, is dit 'n goeie plek vir jou reëntuin.


As daar 'n gedeelte van die eiendom is waar die water opdam, bedoel dit daar is slegte of min filtrasie. Jy sal dalk dink dis nie die regte plek vir jou reëntuin nie, maar die laagste kolleksie punt is gewoonlik die beste. Indien daar 'n paar plekke is waar die water opdam, kan jy dié kies wat naaste aan die afloop pype is.

Indien die uitleg van jou tuin sulks is dat jy nie van die gekose plek hou nie, grawe dan jou eie afleivoor—enige plek waar jy die water kan kry om te vloei, óf direk óf deur pype te installeer. Indien die grond baie hard is, wil jy dalk 'n kontrakteur met masjinerie inkry om die grouwerk vir jou binne 'n paar uur te doen. Die grond wat uitgegraaf is kan gebruik word op 'n ander plek om 'n interessante landskap te skep.

'n Paar Wenke van Hoe om die Regte Plek te Kies : -
- Moenie die reëntuin te naby aan die fondasies van 'n gebou maak nie; dit kan lei tot vog probleme. Indien moontlik, moet dit tenminste 3 meter van die gebou af wees en ook heelwat laer. Moet dit ook nie naby enige septiese stelsels plaas nie, wat alreeds genoeg water het.

- Wees bewus van ondergrondse pype of kabels. Vermy areas waar daar dalk pype of kabels mag wees, jy wil nie per ongeluk jou telefoonkabels opgrou nie!


Herleiding van die reën—daar is 'n paar kreatiewe en aantreklike oplossings as die reën nie natuurlik na jou gekose plek wil vloei nie.
 
Jy kan ondergrondse pype insit of 'n voor grawe en insluit as deel van jou landskap—soos byvoorbeeld die water deur 'n drom te lei en te laat oorvloei in jou dammetjie in.

Indien jou eiendom baie skuins is, kan jy 'n plat area skep.
Jy kan 'n klein retensie-muur bou en die agterste gedeelte invul. Die water sal in die tuin insink, deur filtreer en uitsyfel deur die muur. Jy kan ook 'n holte in die kant van 'n helling grou vir die reëntuin.

Moenie 'n groot reëntuin onder groot bome maak nie.
Die bome se wortels sal uitgegrou moet word wat dalk sal veroorsaak dat hul doodgaan. Die bome kan ook geaffekteer word deur te veel water. Bome is belangrik vir ons omgewing, so beskerm hulle waar moontlik.

.
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...