Dinsdag 01 Januarie 2019

’n Vreugdevolle 2019


Wanneer ons alleen droom is dit alleenlik ’n droom. 
Wanneer ons saam met ander droom, is dit die begin van ’n nuwe realiteit.

'n Mens kan nie glo hoe vinnig die jaar verbygesnel het nie! Die gevaar bestaan egter dat ’n mens die nuwe jaar instorm en bly voortjaag. Daarom is dit noodsaaklik dat ’n mens stil word om na te dink oor hoe om die nuwe jaar meer verrykend te maak. En die beste plek om stilte en vrede te vind, is in die tuin. 
Hiermee wens ek almal ’n vreugdevolle 2019 toe, gevul met LIEFDE en INSPIRASIE.
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...