Na
 die koue, lang winter, is dit tyd dat die natuur weer lewe kry. Die 
kort dae is nou langer en die perskebloeisels en groen gras begin 
oorneem. Van Lente was daar omtrent geen sprake nie en nou is dit Somer.
 Somer is buite-wees tyd. Sorgelose ure. Lang slenterstappe in die 
skemer se soeltes en ‘n braai onder gesellige sterre. Somer is groei – 
my kappertjies wat begin blom, vinkneste word gebou, klein voëltjies wat
 leer vlieg. 
Baie van my Kappertjies het dit deur die winter gemaak!
Nuwe lewe in die tuin! Die Rooiborsduif het 3 babatjies so vroeg in die seisoen.
Maar Somer het ook sy slegte kant. Dis ‘n tyd van lastige vlieë en muskiete, 
veral muskiete wat my hoenders byt en hoenderpokkies veroorsaak. Ek haat
 gifstowwe, maar vir muskiete en rotte het ek geen genade nie. Baie maal
 styg my irritasie vlakke saam met die temperatuur – enige iets hier oor
 28℃ en ek sluit myself toe in my ateljee met die lugverfrisser op ‘n 
sterk 16℃. Stappies in die veld word gereël vir vroeg-oggend of skemer 
en die strand besoek ek net in die winter, wanneer die temperatuur 
gewoonlik so ‘n matige 23℃ is.
Maar wanneer alles eers begin blom en groen word, dan is die somer die moeite werd! 



