Die Seweweeksvaring (Rumohra adiantiformis) is 'n varingspesie wat in Suid-Afrika inheems is aan die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit groei byvoorbeeld op die grond in die woud van Knysna, maar ook in die fynbos en die bosveld.
Die plant groei nie hoër as 50cm nie en het 'n voorkeur vir vogtige plekkies. Onder natuurlike groeitoestande ontwikkel die seweweeksvaring slegs beperkte hoeveelhede sori op blare, terwyl groot hoeveelhede sori ontwikkel wanneer die varing onder skadunet verbou word.
Met al die reën wat ons die afgelope weke gehad het, het die varing so baie gegroei dat ek een plaveiselblok moes verwyder om haar meer spasie te gee. En net oorkant hierdie een is daar nog twee varinkies wat pos gevat het. Hopelik kan ek 'n gepaste plekkie vir hulle ook kry.
Wonder hoekom dit juis Seweweeksvaring genoem word ...?
Engels : Leather-leaf Fern
::